Sunday, February 25, 2007

Kent Wynlande

Die 24 ste Februarie 2007 het ons die Kent se wynlande besoek. Hier bly die ryker mense van Engeland. In elke klein dorpie is daar privaat skole en ook groot erwe.

Die wyn hier is baie lig en lekker, hulle fokus meestal op witwyn. Hulle het 'n ander benadering tot wyn, dit word nie eintlik op grootskaal toegepas nie. Wat hulle wel hier saam met die wyn doen is om bier en cider te maak. Kan mens die biermaak uit die Engelse kry?

In die foto is daar van die outydse Kent hops droogskure. Hierdie is orals te siene soos in baie van die foto's uitgebeeld word.
Posted by Picasa

Tuesday, February 20, 2007

Winchester

Saterdag, 17 Februarie 2007, het ons Winchester besoek. Winchester word beweer as die plek in die UK waar die Engelse reg sy ontstaan gehad het. Die Great Hall en die round table is opgerig deur King Edward I. Die middel eeuse konings het 'n fasinasie gehad met King Athur en sy Round Table en dit het gelei tot die eerste weergawe van die round table soos vandag gesien kan word in ongeverfde weergawe. King Hendry VIII het sy stempel hierop afgedruk deur die tafel te verf en die knights van King Arthur se name op die tafel te skryf. Die ronde tafel beeld uit dat nie een van die knights belangriker is as die ander een nie en die fisiese grootte van die tafel word weergegee as een voet in diameter per knight.

Dit moet gese word dat die ontstaan van die Round Table Club soos dit vandag gebruik word afkomstig is van die 1927 toespraak gemaak deur die Prince van Wallis waar hy die jong mans toegespreek het. Die volgende was deel van die toespraak waar vandag se regalia en literatuur vandaan kom: 'The young business and professional men of this country must get together round the table, adopt methods that have proved so sound in the past, adapt them to the changing needs of the times and wherever possible, improve them'.

In Winchester kan mens ook sien dat die UK eens op 'n tyd hierdie dorp gebruik het om hulle sake vanaf te bestuur. Die konings en edeles moes op seker tye in die 13de eeu die kasteel ontruim sodat die reg sy gang daar kon gaan. Hierdie is ook een van die enigste plekke in die UK wat daar nog 13de eeu se geskiedenis te siene is in oorspronklike vorm. Dis 'n pragtig dorp met die kasteel se oorspronklike mure van ongeveer 10 voet en ook 'n bietjie nuwe geskiedenis met die hekke van die poorte wat gemaak is so jonk as 1981 vir die Prince and Princess of Wales met hulle troue.

Na ons besoek aan Winchester het ons na die huis van Jane Auten gegaan. Sy is een van die bekenste skrywers in Engeland met die boek "Pride and Prejudice" wat ook tot ons versameling toegevoeg is.

Vir meer click hier.
Posted by Picasa

Monday, January 29, 2007

New Forest National Park

New Forest en omliggende omgewing was ons naweek se bestemming. 'n Pratige nationale park, die nuutste toevoeging tot die UK national parke, geopen Maart 2006.

Vir meer natuurskoon.

Sunday, January 28, 2007

Kennet Square Sneeu


Woensdag, 24 Januarie, by Kennet Square het dit gesneeu. Toe ons vroeg oggend uit is (6:30) was ons die eerste mense uit met geen voetspore in die sneeu. Dit het gevoel soos 'n sprokies verhaal. Maar die sneeu het vinnig gespelt en teen 14:00 was dit net 'n gedagte.

Click om meer te sien.
Posted by Picasa

Wednesday, January 24, 2007

Arundel

20 Januarie 2007, ons eeste "outing" van 2007. Arundel is die huis van die duchess van Norfolk, en word bewoon van die 13de eeu af met die huidige familie hier vanaf die 15de eeu.

Arundel 'n pragtige dorpie en ongeveer 5 mi van Little Hampton wat by die see is, en bedien die lekkerste vars vis.

Ons het 'n pratige dag gehad met die weer en dit was tereg 'n dorpie wat nog ontdek moet word deur die toerisme.

Click vir die foto's. Posted by Picasa

Sunday, November 26, 2006

Desember 2006 Toer

Die details vir ons toer na Skotland Desember 2006 is gefinaliseer. Akkomodasie vir die verskillende oornag punte is gereel en die nodige details van die toer kan gesien word by: http://myweb.tiscali.co.uk/eksperimente/Tour/desember2006toer.htm

Die website sal voor en gedurende die toer verander soos dit opgedateer word.

Sunday, November 12, 2006

Brighton en die Thames

Van ons ander foto's kan gesien word op: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie

Van hierdie foto's sluit in ons vaart op die Thames en ook die dag in Brighton.

Windsor Castle en Eton

Ons vertrek vanuit Wimbledon, niksvermoedend dat ons by die "changeover" saam met die Engelse rugby "fans" gaan ry tot op Twickenham, waar hulle pakslae gegee is deur Argentinie. Almal het net rugby gepraat vir die eerste 20 minute van ons rit, selfs die treindrywer, 'n Aussie, noem die aankoms by Twickenham, "Welcome to Brisbane".

11 November het ons na die Windsor Kasteel gegaan om vir die koningin te groet. Wel, nodeloos om te se sy kon ons nie te woord staan nie. Die dag is ook die dag waarop die eerste wereld oorlog ten einde geloop het en herdeninkings Sondag (2de Sondag van November) om die draai was dit opvallend gewees hoe baie Britte nog die Poppies dra. Soos ons ook later uitgevind het is hierdie nog meer spesiaal met al die troepe in die Irak oorlog betrokke.

Eton is die plek van swawelstert pakke en rykdom, soos gesien kan word deur op die foto te "click". 'n Dag van royalty is afgesluit met 'n BBC "rememberance ceremony" laataand om 23h00 om die soldate in oorloe te onthou en daar het ons darem die koningin te siene gekry. Posted by Picasa

Thursday, November 02, 2006

Interessante Dinge

'n Web spasie wat Tiscali vir my gegee het saam met hulle broadband. Die spasie sal ek gebruik om van my interessante dinge wat ek raaklees en doen te publiseer.

Thursday, October 26, 2006

Isle of Wight

Walthamstow Dog Racing

Wat 'n welkome verrassing was dit gewees. Nie in die beste gedeeltes van London gelee nie, is een van twee honde resies arena's in London en omgewing. Die idee het gekom na ons op die radio gehoor het van al die honde wat aan die einde van hulle loopbaan (2-3 jaar oud) net van kant gemaak word.

Met 'n bietjie versigtigheid het ek die eerste wed gaan uitneem teen £1, met Lyndall wat vas gestaan het dat sy hier is om vir die honde te kyk. Na my eerste sukses het sy besluit dit is 'n goeie idee om dalk ook deel te neem, dit is tog vir 'n goeie saak.

Aan die einde van die aand was ek aangehits om die wed te gaan plaas voor die honde begin hardloop, al was daar nog 4 minute voor die resies begin.

Hierdie was 'n baie lekker aand gewees en ander firmas in London soos Barcleys het ook gedink 'n aand uit daar was skitterend.

Van ons ander foto's: GreyhoundRacingWalthamstow Posted by Picasa

Wednesday, October 25, 2006

Birchington On Sea

Die naweek van die 13de en 14de Augustus, in Engeland, was 'n nat, baie nat naweek. Ons het gaan kamp vir die eerste keer en soos Engeland bekend is voor het dit gereen, baie gereen.

Wel, soos in die foto's aangedui kon ons nie veel doen nie. Ons het in die tent gesit en gewag vir die storms om te bedaar maar die Saterdag het gekom en gegaan met storms. Gelukkig hethet dit ons tyd gegee om bietjie te besin oor ons tyd in Engeland sover en om te dink aan al die lekker tye hier.

Sondag het ons 'n kort tydjie sonskyn gehad en die dorpie, Birchington gesien.

Kyk na ons ander foto's op: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie/BirchingtonOnSea Posted by Picasa

Friday, October 20, 2006

Oxford

Op 29 Julie 2006 het ons vir die dag na Oxford gegaan. Baie lekker gewees met ligte reen het deur die dag gekom en gegaan.

Hoe sou 'n dag in Oxford gewees het sonder om die beroemde Oxford Dictionary daar te koop, dus is ons nou een ryker.

Van ons ander foto van die dag is op die website: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie/OxfordPosted by Picasa

Tuesday, July 25, 2006

Dinge wat ons gedoen het

'n Kort opsomming van die dinge wat ek en Lyndall gedoen het tot sover met ons tyd hier in London. 22 Julie het ons 'n Londonse klub besoek in London Bridge (Bulugies).

Die ondergenoemde webblad wys wat ons gedoen het: http://londonopsomming.blogspot.com
Posted by Picasa

Sunday, July 16, 2006

Queens Walk waar omtrent alles in London is















Die Crown Jewel word hier gebere en opgepas. Dit is naby al die besienswaardighede hier in London en die site hieronder wys die nuwe 'n paar van die geboue wat ons besoek het.

http://www.queenwalk.blogspot.com

Saturday, May 20, 2006

Van 6-9 Mei 2006 het ons ons toer om die wereld te sien begin en van die foto's is aangeheg op die website: http://dubaimei2006.blogspot.com
Dit was baie lekker gewees en die Arabiere weet dat hulle geld na olie in die toermisme le. In Dubai is ons soos konings behandel. Mense hier kan nie baie Engels praat nie maar mens kom oor die weg.

Lyndall het hier 'n horlosie gekry uit die Dubai se Gold Souk. Wat anders opvallend was is dat 4 GB memory stick AEU500 (AUE = R1.7) kos, ons het gedink die elektronika hier is relatief goedkoop. Dit was 'n baie lekker 4 dae en ek sal dit aanbeveel vir enige wat woestyn lewe wil ervaar met die kans om 'n bietjie inkopies te gaan doen. Posted by Picasa

Going away Party

Die 29 April 2006 het ons 'n "going away party" gehad om almal te groet vir ons vertrek op ons 2 jaar (X jaar) sien die wereld toer. Hier is 'n paar foto's om die om die dag te onthou.

www.jjfenlfgoingaway.blogspot.com

Monday, April 24, 2006

Paas Naweek 2006

Ek en Lyndall het gedurende die paasnaweek van 2006 ons woonstel in Pretoria begin oppak en van die meubels en boeke na Heidelberg begin trek. Ons was baie besig gedurende die naweek en daar is drie verskillende gebeure waarvan foto's geneem is soos hieronder verwys:
www.paasnaweek061.blogspot.com - John-John ouers kuier
www.paasnaweek062.blogspot.com - Lyndall ma kuier
www.paasnaweek063.blogspot.com - Tafel Ronde kuierPosted by Picasa

Monday, April 03, 2006

Rietvlei Dam Natuur Reservaat

Ek en Lyndall het 1 April 2006 na Rietvlei Dam Natuur Reservaat gegaan en bietjie na die diere en voels gaan kyk in die park soos gesien kan word by www.RietVleiDam.blogspot.com. Die reservaat is ook naby aan die huis ongeveer 5km en dit was lekker om nie so ver te ry om na aan die natuur te kom. Posted by Picasa

Thursday, March 23, 2006


Hier is een van die mooiste motorfietse wat ek in 'n lang tyd gesien het. Die ou wat die motorfiets wil verkoop wil R70k he. Indien iemand belangstel laat my maar weet anders gaan ek vir Lyndall oorreed en hom self koop.

Hier is 'n website wat verwys na die plekke wat saam met ander BMW ryers gedoen kan word:
http://www.bmw-motorrad.co.za/lifestyle/tours/default.asp