Tuesday, February 20, 2007

Winchester

Saterdag, 17 Februarie 2007, het ons Winchester besoek. Winchester word beweer as die plek in die UK waar die Engelse reg sy ontstaan gehad het. Die Great Hall en die round table is opgerig deur King Edward I. Die middel eeuse konings het 'n fasinasie gehad met King Athur en sy Round Table en dit het gelei tot die eerste weergawe van die round table soos vandag gesien kan word in ongeverfde weergawe. King Hendry VIII het sy stempel hierop afgedruk deur die tafel te verf en die knights van King Arthur se name op die tafel te skryf. Die ronde tafel beeld uit dat nie een van die knights belangriker is as die ander een nie en die fisiese grootte van die tafel word weergegee as een voet in diameter per knight.

Dit moet gese word dat die ontstaan van die Round Table Club soos dit vandag gebruik word afkomstig is van die 1927 toespraak gemaak deur die Prince van Wallis waar hy die jong mans toegespreek het. Die volgende was deel van die toespraak waar vandag se regalia en literatuur vandaan kom: 'The young business and professional men of this country must get together round the table, adopt methods that have proved so sound in the past, adapt them to the changing needs of the times and wherever possible, improve them'.

In Winchester kan mens ook sien dat die UK eens op 'n tyd hierdie dorp gebruik het om hulle sake vanaf te bestuur. Die konings en edeles moes op seker tye in die 13de eeu die kasteel ontruim sodat die reg sy gang daar kon gaan. Hierdie is ook een van die enigste plekke in die UK wat daar nog 13de eeu se geskiedenis te siene is in oorspronklike vorm. Dis 'n pragtig dorp met die kasteel se oorspronklike mure van ongeveer 10 voet en ook 'n bietjie nuwe geskiedenis met die hekke van die poorte wat gemaak is so jonk as 1981 vir die Prince and Princess of Wales met hulle troue.

Na ons besoek aan Winchester het ons na die huis van Jane Auten gegaan. Sy is een van die bekenste skrywers in Engeland met die boek "Pride and Prejudice" wat ook tot ons versameling toegevoeg is.

Vir meer click hier.
Posted by Picasa

No comments: