Thursday, October 26, 2006

Walthamstow Dog Racing

Wat 'n welkome verrassing was dit gewees. Nie in die beste gedeeltes van London gelee nie, is een van twee honde resies arena's in London en omgewing. Die idee het gekom na ons op die radio gehoor het van al die honde wat aan die einde van hulle loopbaan (2-3 jaar oud) net van kant gemaak word.

Met 'n bietjie versigtigheid het ek die eerste wed gaan uitneem teen £1, met Lyndall wat vas gestaan het dat sy hier is om vir die honde te kyk. Na my eerste sukses het sy besluit dit is 'n goeie idee om dalk ook deel te neem, dit is tog vir 'n goeie saak.

Aan die einde van die aand was ek aangehits om die wed te gaan plaas voor die honde begin hardloop, al was daar nog 4 minute voor die resies begin.

Hierdie was 'n baie lekker aand gewees en ander firmas in London soos Barcleys het ook gedink 'n aand uit daar was skitterend.

Van ons ander foto's: GreyhoundRacingWalthamstow Posted by Picasa

No comments: