Sunday, November 26, 2006

Desember 2006 Toer

Die details vir ons toer na Skotland Desember 2006 is gefinaliseer. Akkomodasie vir die verskillende oornag punte is gereel en die nodige details van die toer kan gesien word by: http://myweb.tiscali.co.uk/eksperimente/Tour/desember2006toer.htm

Die website sal voor en gedurende die toer verander soos dit opgedateer word.

Sunday, November 12, 2006

Brighton en die Thames

Van ons ander foto's kan gesien word op: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie

Van hierdie foto's sluit in ons vaart op die Thames en ook die dag in Brighton.

Windsor Castle en Eton

Ons vertrek vanuit Wimbledon, niksvermoedend dat ons by die "changeover" saam met die Engelse rugby "fans" gaan ry tot op Twickenham, waar hulle pakslae gegee is deur Argentinie. Almal het net rugby gepraat vir die eerste 20 minute van ons rit, selfs die treindrywer, 'n Aussie, noem die aankoms by Twickenham, "Welcome to Brisbane".

11 November het ons na die Windsor Kasteel gegaan om vir die koningin te groet. Wel, nodeloos om te se sy kon ons nie te woord staan nie. Die dag is ook die dag waarop die eerste wereld oorlog ten einde geloop het en herdeninkings Sondag (2de Sondag van November) om die draai was dit opvallend gewees hoe baie Britte nog die Poppies dra. Soos ons ook later uitgevind het is hierdie nog meer spesiaal met al die troepe in die Irak oorlog betrokke.

Eton is die plek van swawelstert pakke en rykdom, soos gesien kan word deur op die foto te "click". 'n Dag van royalty is afgesluit met 'n BBC "rememberance ceremony" laataand om 23h00 om die soldate in oorloe te onthou en daar het ons darem die koningin te siene gekry. Posted by Picasa

Thursday, November 02, 2006

Interessante Dinge

'n Web spasie wat Tiscali vir my gegee het saam met hulle broadband. Die spasie sal ek gebruik om van my interessante dinge wat ek raaklees en doen te publiseer.

Thursday, October 26, 2006

Isle of Wight

Walthamstow Dog Racing

Wat 'n welkome verrassing was dit gewees. Nie in die beste gedeeltes van London gelee nie, is een van twee honde resies arena's in London en omgewing. Die idee het gekom na ons op die radio gehoor het van al die honde wat aan die einde van hulle loopbaan (2-3 jaar oud) net van kant gemaak word.

Met 'n bietjie versigtigheid het ek die eerste wed gaan uitneem teen £1, met Lyndall wat vas gestaan het dat sy hier is om vir die honde te kyk. Na my eerste sukses het sy besluit dit is 'n goeie idee om dalk ook deel te neem, dit is tog vir 'n goeie saak.

Aan die einde van die aand was ek aangehits om die wed te gaan plaas voor die honde begin hardloop, al was daar nog 4 minute voor die resies begin.

Hierdie was 'n baie lekker aand gewees en ander firmas in London soos Barcleys het ook gedink 'n aand uit daar was skitterend.

Van ons ander foto's: GreyhoundRacingWalthamstow Posted by Picasa

Wednesday, October 25, 2006

Birchington On Sea

Die naweek van die 13de en 14de Augustus, in Engeland, was 'n nat, baie nat naweek. Ons het gaan kamp vir die eerste keer en soos Engeland bekend is voor het dit gereen, baie gereen.

Wel, soos in die foto's aangedui kon ons nie veel doen nie. Ons het in die tent gesit en gewag vir die storms om te bedaar maar die Saterdag het gekom en gegaan met storms. Gelukkig hethet dit ons tyd gegee om bietjie te besin oor ons tyd in Engeland sover en om te dink aan al die lekker tye hier.

Sondag het ons 'n kort tydjie sonskyn gehad en die dorpie, Birchington gesien.

Kyk na ons ander foto's op: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie/BirchingtonOnSea Posted by Picasa

Friday, October 20, 2006

Oxford

Op 29 Julie 2006 het ons vir die dag na Oxford gegaan. Baie lekker gewees met ligte reen het deur die dag gekom en gegaan.

Hoe sou 'n dag in Oxford gewees het sonder om die beroemde Oxford Dictionary daar te koop, dus is ons nou een ryker.

Van ons ander foto van die dag is op die website: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie/OxfordPosted by Picasa

Tuesday, July 25, 2006

Dinge wat ons gedoen het

'n Kort opsomming van die dinge wat ek en Lyndall gedoen het tot sover met ons tyd hier in London. 22 Julie het ons 'n Londonse klub besoek in London Bridge (Bulugies).

Die ondergenoemde webblad wys wat ons gedoen het: http://londonopsomming.blogspot.com
Posted by Picasa

Sunday, July 16, 2006

Queens Walk waar omtrent alles in London is















Die Crown Jewel word hier gebere en opgepas. Dit is naby al die besienswaardighede hier in London en die site hieronder wys die nuwe 'n paar van die geboue wat ons besoek het.

http://www.queenwalk.blogspot.com

Saturday, May 20, 2006

Van 6-9 Mei 2006 het ons ons toer om die wereld te sien begin en van die foto's is aangeheg op die website: http://dubaimei2006.blogspot.com
Dit was baie lekker gewees en die Arabiere weet dat hulle geld na olie in die toermisme le. In Dubai is ons soos konings behandel. Mense hier kan nie baie Engels praat nie maar mens kom oor die weg.

Lyndall het hier 'n horlosie gekry uit die Dubai se Gold Souk. Wat anders opvallend was is dat 4 GB memory stick AEU500 (AUE = R1.7) kos, ons het gedink die elektronika hier is relatief goedkoop. Dit was 'n baie lekker 4 dae en ek sal dit aanbeveel vir enige wat woestyn lewe wil ervaar met die kans om 'n bietjie inkopies te gaan doen. Posted by Picasa

Going away Party

Die 29 April 2006 het ons 'n "going away party" gehad om almal te groet vir ons vertrek op ons 2 jaar (X jaar) sien die wereld toer. Hier is 'n paar foto's om die om die dag te onthou.

www.jjfenlfgoingaway.blogspot.com

Monday, April 24, 2006

Paas Naweek 2006

Ek en Lyndall het gedurende die paasnaweek van 2006 ons woonstel in Pretoria begin oppak en van die meubels en boeke na Heidelberg begin trek. Ons was baie besig gedurende die naweek en daar is drie verskillende gebeure waarvan foto's geneem is soos hieronder verwys:
www.paasnaweek061.blogspot.com - John-John ouers kuier
www.paasnaweek062.blogspot.com - Lyndall ma kuier
www.paasnaweek063.blogspot.com - Tafel Ronde kuierPosted by Picasa

Monday, April 03, 2006

Rietvlei Dam Natuur Reservaat

Ek en Lyndall het 1 April 2006 na Rietvlei Dam Natuur Reservaat gegaan en bietjie na die diere en voels gaan kyk in die park soos gesien kan word by www.RietVleiDam.blogspot.com. Die reservaat is ook naby aan die huis ongeveer 5km en dit was lekker om nie so ver te ry om na aan die natuur te kom. Posted by Picasa

Thursday, March 23, 2006


Hier is een van die mooiste motorfietse wat ek in 'n lang tyd gesien het. Die ou wat die motorfiets wil verkoop wil R70k he. Indien iemand belangstel laat my maar weet anders gaan ek vir Lyndall oorreed en hom self koop.

Hier is 'n website wat verwys na die plekke wat saam met ander BMW ryers gedoen kan word:
http://www.bmw-motorrad.co.za/lifestyle/tours/default.asp

Wednesday, March 22, 2006

Kiara Lodge Naweek

Ons was die naweek van 17-20 Maart 2006 na Kiara Lodge naby Clarens. Die oord is gelee in die hartjie van Golden Gate met pratige berge. Hierdie naweek was deur myself, Lyndall en ma Kobie bygewoon en 'n lekker geleentheid gebied om te ontspan en na die mooi natuurskoon te kyk.

Gaan na die link om van die foto's te sien: www.kiaralodge.blogspot.com Posted by Picasa

Monday, March 13, 2006

Plekke in die wereld

Hier is 'n web adres wat mens na plekke in die wereld vat per sataliet foto:
http://perljam.net/google-satellite-maps/country/South_Africa

Monday, March 06, 2006

Strand in Skotland

Moonbeach in Skotland. Mooi oop strande. Posted by Picasa

Lyndall Elandsbaai

Foto van Lyndall besig om witmossels uit te haal by Elandsbaai. (Des 05) Posted by Picasa