Saturday, November 24, 2007

Besoek aan Suid Afrika 2007


In Mei 2007 was on sin Suid Afrika gewees vir twee weke. Ons het dit baie geniet en hier is 'n paar van die foto's.
Posted by Picasa

Wednesday, April 11, 2007

Pembrookshire - Wallis

Paasnaweek 2007, 6-9 April, het ons by Fishguardbay gaan kamp. Wallis is sekerlik die mooiste natuurskoon in die UK en sal definitief deur ons onthou word vir die lekker warm dae. Ons het amper sonbrand opgedoen op dag twee. Wallis moet gesien word deur die noue paadjies te ry en is een van die gebiede wat gemaak word deur die omgewing.
Posted by Picasa

Monday, April 02, 2007


31 Maart 2007, St. Albans, die plek waar die eerste Christen in Brittanje gemartel is vir sy geloof. 'n Dorp met 'n ryk geskiedenis wat dateer uit die 13 de eeu. Die foto's vertel die storie van hierdie besoek.
Posted by Picasa

Friday, March 23, 2007

Bath

17 Maart 2006 het ons 'n toergeselskap gehad wat Bath besoek het. Ek, Lyndall, Lanser (nuut in die UK), Le Roux en Vidette het vroeg gery na die weste van Engeland en eers gestop by Stonehenge om na die gepakte klippe te kyk. Dit is nogal iets om te sien en niemand weet waar dit vandaan kom nie.

Daarna is ons na Bath waar ons deur die dorpie gedrentel het en toe in is by die antike Romeinse Baddens, dit het 'n ryk geskiendenis en alles word vir jou vertel deur 'n handstuk wat lyk soos 'n telefoon.

Vir iemand wat hou van die antieke geskiendenis van Engeland is Bath 'n moet sien.
Posted by Picasa

Sunday, February 25, 2007

Kent Wynlande

Die 24 ste Februarie 2007 het ons die Kent se wynlande besoek. Hier bly die ryker mense van Engeland. In elke klein dorpie is daar privaat skole en ook groot erwe.

Die wyn hier is baie lig en lekker, hulle fokus meestal op witwyn. Hulle het 'n ander benadering tot wyn, dit word nie eintlik op grootskaal toegepas nie. Wat hulle wel hier saam met die wyn doen is om bier en cider te maak. Kan mens die biermaak uit die Engelse kry?

In die foto is daar van die outydse Kent hops droogskure. Hierdie is orals te siene soos in baie van die foto's uitgebeeld word.
Posted by Picasa

Tuesday, February 20, 2007

Winchester

Saterdag, 17 Februarie 2007, het ons Winchester besoek. Winchester word beweer as die plek in die UK waar die Engelse reg sy ontstaan gehad het. Die Great Hall en die round table is opgerig deur King Edward I. Die middel eeuse konings het 'n fasinasie gehad met King Athur en sy Round Table en dit het gelei tot die eerste weergawe van die round table soos vandag gesien kan word in ongeverfde weergawe. King Hendry VIII het sy stempel hierop afgedruk deur die tafel te verf en die knights van King Arthur se name op die tafel te skryf. Die ronde tafel beeld uit dat nie een van die knights belangriker is as die ander een nie en die fisiese grootte van die tafel word weergegee as een voet in diameter per knight.

Dit moet gese word dat die ontstaan van die Round Table Club soos dit vandag gebruik word afkomstig is van die 1927 toespraak gemaak deur die Prince van Wallis waar hy die jong mans toegespreek het. Die volgende was deel van die toespraak waar vandag se regalia en literatuur vandaan kom: 'The young business and professional men of this country must get together round the table, adopt methods that have proved so sound in the past, adapt them to the changing needs of the times and wherever possible, improve them'.

In Winchester kan mens ook sien dat die UK eens op 'n tyd hierdie dorp gebruik het om hulle sake vanaf te bestuur. Die konings en edeles moes op seker tye in die 13de eeu die kasteel ontruim sodat die reg sy gang daar kon gaan. Hierdie is ook een van die enigste plekke in die UK wat daar nog 13de eeu se geskiedenis te siene is in oorspronklike vorm. Dis 'n pragtig dorp met die kasteel se oorspronklike mure van ongeveer 10 voet en ook 'n bietjie nuwe geskiedenis met die hekke van die poorte wat gemaak is so jonk as 1981 vir die Prince and Princess of Wales met hulle troue.

Na ons besoek aan Winchester het ons na die huis van Jane Auten gegaan. Sy is een van die bekenste skrywers in Engeland met die boek "Pride and Prejudice" wat ook tot ons versameling toegevoeg is.

Vir meer click hier.
Posted by Picasa

Monday, January 29, 2007

New Forest National Park

New Forest en omliggende omgewing was ons naweek se bestemming. 'n Pratige nationale park, die nuutste toevoeging tot die UK national parke, geopen Maart 2006.

Vir meer natuurskoon.