Friday, March 23, 2007

Bath

17 Maart 2006 het ons 'n toergeselskap gehad wat Bath besoek het. Ek, Lyndall, Lanser (nuut in die UK), Le Roux en Vidette het vroeg gery na die weste van Engeland en eers gestop by Stonehenge om na die gepakte klippe te kyk. Dit is nogal iets om te sien en niemand weet waar dit vandaan kom nie.

Daarna is ons na Bath waar ons deur die dorpie gedrentel het en toe in is by die antike Romeinse Baddens, dit het 'n ryk geskiendenis en alles word vir jou vertel deur 'n handstuk wat lyk soos 'n telefoon.

Vir iemand wat hou van die antieke geskiendenis van Engeland is Bath 'n moet sien.
Posted by Picasa

No comments: