Sunday, November 12, 2006

Windsor Castle en Eton

Ons vertrek vanuit Wimbledon, niksvermoedend dat ons by die "changeover" saam met die Engelse rugby "fans" gaan ry tot op Twickenham, waar hulle pakslae gegee is deur Argentinie. Almal het net rugby gepraat vir die eerste 20 minute van ons rit, selfs die treindrywer, 'n Aussie, noem die aankoms by Twickenham, "Welcome to Brisbane".

11 November het ons na die Windsor Kasteel gegaan om vir die koningin te groet. Wel, nodeloos om te se sy kon ons nie te woord staan nie. Die dag is ook die dag waarop die eerste wereld oorlog ten einde geloop het en herdeninkings Sondag (2de Sondag van November) om die draai was dit opvallend gewees hoe baie Britte nog die Poppies dra. Soos ons ook later uitgevind het is hierdie nog meer spesiaal met al die troepe in die Irak oorlog betrokke.

Eton is die plek van swawelstert pakke en rykdom, soos gesien kan word deur op die foto te "click". 'n Dag van royalty is afgesluit met 'n BBC "rememberance ceremony" laataand om 23h00 om die soldate in oorloe te onthou en daar het ons darem die koningin te siene gekry. Posted by Picasa

1 comment:

Anonymous said...

Hierdie was 'n baie lekker dag gewees