Thursday, October 26, 2006
Walthamstow Dog Racing
Wat 'n welkome verrassing was dit gewees. Nie in die beste gedeeltes van London gelee nie, is een van twee honde resies arena's in London en omgewing. Die idee het gekom na ons op die radio gehoor het van al die honde wat aan die einde van hulle loopbaan (2-3 jaar oud) net van kant gemaak word.
Met 'n bietjie versigtigheid het ek die eerste wed gaan uitneem teen £1, met Lyndall wat vas gestaan het dat sy hier is om vir die honde te kyk. Na my eerste sukses het sy besluit dit is 'n goeie idee om dalk ook deel te neem, dit is tog vir 'n goeie saak.
Aan die einde van die aand was ek aangehits om die wed te gaan plaas voor die honde begin hardloop, al was daar nog 4 minute voor die resies begin.
Hierdie was 'n baie lekker aand gewees en ander firmas in London soos Barcleys het ook gedink 'n aand uit daar was skitterend.
Van ons ander foto's: GreyhoundRacingWalthamstow

Wednesday, October 25, 2006
Birchington On Sea
Die naweek van die 13de en 14de Augustus, in Engeland, was 'n nat, baie nat naweek. Ons het gaan kamp vir die eerste keer en soos Engeland bekend is voor het dit gereen, baie gereen.
Wel, soos in die foto's aangedui kon ons nie veel doen nie. Ons het in die tent gesit en gewag vir die storms om te bedaar maar die Saterdag het gekom en gegaan met storms. Gelukkig hethet dit ons tyd gegee om bietjie te besin oor ons tyd in Engeland sover en om te dink aan al die lekker tye hier.
Sondag het ons 'n kort tydjie sonskyn gehad en die dorpie, Birchington gesien.
Kyk na ons ander foto's op: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie/BirchingtonOnSea

Friday, October 20, 2006
Oxford
Op 29 Julie 2006 het ons vir die dag na Oxford gegaan. Baie lekker gewees met ligte reen het deur die dag gekom en gegaan.
Hoe sou 'n dag in Oxford gewees het sonder om die beroemde Oxford Dictionary daar te koop, dus is ons nou een ryker.
Van ons ander foto van die dag is op die website: http://picasaweb.google.com/johnjohn.fourie/Oxford

Subscribe to:
Posts (Atom)